BRITS POS – PRETORIA – Saterdag, 5 April
BRITS POS – PRETORIA - Op Saterdag, 5 April, het oud-Koevoete by hul monument op die Voortrekkermonument-terrein bymekaargekom om hulle lofryke bestaan te herdenk. Koevoet is in 1979 in die lewe geroep en tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog as ’n spesiale teeninsurgensie-eenheid van die Suidwes-Afrikaanse polisie (SWAPOL) ontplooi. Tot en met 1989, toe die oorlog beëindig is, het Koevoet ’n gedugte mag geword om mee rekening te hou toe hulle honderde opsporings- en vernietigingsoperasies teen die People’s Liberation Army of Namibia (PLAN) uitgevoer het. Dink jou...
